NewsNews

VIDEO: Polisie monitor situasie by Potch Hospitaal

'n Groep van ongeveer 40 mense is al van 06:00 vanoggend af besig om voor die ingang van Potch Hospitaal te betoog.

‘n Groep van ongeveer 40 mense is al van 06:00 vanoggend af besig om voor die ingang van Potch Hospitaal te betoog.

Lede van verskeie vakbonde is ongelukkig oor veral die uitkontraktering van werkers. Volgens Mzukisi Jam, provinsiale voorsitter van HOSPERSA, probeer die unies al sedert 2016 om verskeie kwessies met die departement van gesondheid uitklaar.

“Hulle reaksie wys op hulle disrespek teenoor werkers. Al wat hulle hoef te doen is met ‘n werkbare oplossing vorendag kom,” het hy gesê.

Daar het gerugte die rondte gedoen dat die betogers mense keer om in die hospitaal in te gaan. Volgens Jam het hy ook die gerugte gehoor daarom het hy kom seker maak dat dit nie gebeur nie.

Met die Herald se aankoms was daar twee bande wat voor die ingang aan die brand gesteek is.

“Dit is maar net vir die koue. Ons keer niemand om in of uit die hospitaal te kom nie,” het een betoger gesê.

Die situasie is tans onder beheer en word deur die polisie gemonitor.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button