Die bestes van die bestes by Aardklop
Op Vrydag 7 Oktober is die bestes van die bestes van Aardklop 2016 aangekondig by die pragtige Maison de Fleur.
Op Vrydag 7 Oktober is die bestes van die bestes van Aardklop 2016 aangekondig by die pragtige Maison de Fleur.
Die finaliste in die verskillende kategorieë, Aardklop personeel, die media en selfs die burgemeester het die geleentheid bygewoon.

Daar is verskillende kategorieë waarin die finaliste sowel as die wenners van elkeen die dag deur feesbestuurder en seremoniemeester, Alexa Strachan aangekondig is.

Die wenners het elk ‘n handgemaakte trofee ontvang wat ontwerp is deur ‘n plaaslike keramiekkunstenaar en grafiese ontwerp student aan die NWU, Gretchen Crots. Sy was ook al ‘n wenner in die jaarlikse Pukki Talentfees-kompetisie vir haar uitsonderlike kunstige talente.
Finaliste vir die Beste Akteur-toekenning was: John Kani in So ry Miss Daisy, Wessel Pretorius in Die ontelbare 48, Edwin van der Walt en Dean-John Smith, albei in ‘n COCK & BULLshit storie, met Dean-John Smith as die wenner.

Finaliste vir die Beste Aktrise-toekenning was: Anthea Thompson in My briljante egskeiding, Jana Strydom in Die vrou uit die see, Milan Murray in Amper, Vrystaat en Sandra Prinsloo in So ry Miss Daisy, met Sandra Prinsloo as die wenner.

Finaliste vir die Beste Regisseur-toekenning was: Christiaan Olwagen met So ry Miss Daisy, Nico Scheepers met Amper, Vrystaat, Wessel Pretorius met Die ontelbare 48 en Marthinus Basson met ‘n COCK & BULLshit storie, waar Mathinus Basson die wenner is.
Finaliste vir die beste produksie was: Die ontelbare 48, ‘n COCK & BULLshit storie, So ry Miss Daisy en Amper, Vrystaat, met Amper, Vrystaat as die wenner.

Finaliste van die ATKV-Aardvark prys vir mees grensverskuiwende werk was: My passie vir Jesus, Taxiteater en Kunssafari vir kinders, met die Kunssafari vir Kinders as die wenner.

Die fokus van dié toekenning is grensverskuiwend of innoverend en dek alle aspekte van die kunste soos musiek, produksie, speler, regisseur, ontwerper, choreograaf, fliek, straatgebeurtenis, plakkaat, en nog meer. Die prys is vir ‘n verandering binne ‘n bestaande, gevestigde orde.
“Hierdie toekennings gaan daaroor om ons produk te eer. Dit is onmoontlik om ‘n kunstefees aan te bied sonder kunstenaars en ons sê dankie aan al hierdie kunstenaars,” sê Strachan.




