EntertainmentLifestyleSponsored

FARMFED MEAT se eersteklas Gourmet Vleisprodukte

Van reusagtige Fillet Espetadas tot geurige ontbeende lamsrolle, bied Farmfed Meat talle gourmet skatte wat wag om ontdek te word!

Van reusagtige Fillet Espetadas tot geurige ontbeende lamsrolle, bied Farmfed Meat talle gourmet skatte wat wag om ontdek te word!
Farmfed Meat is nie net bekend vir sy verpakte vleissnitte wat perfek is vir tuisgemaakte etes en braai nie, maar ook vir fynproewer snitte wat hand geselekteer en verwerk word om die hoofrol in uitblinker disse te speel. Hierdie topklas snitte is die spogprodukte van Farmfed Meat en waarborg ideale, hoë kwaliteit maaltye vir die vleissnob by enige tafel.
Soos die legendariese biefstukke van Farmfed Meat, pronk die Fillet Espetada heel bo aan die braai-gunstelling lys met ‘n indrukwekkende teenwoordigheid op die rooster. Hierdie reuse vleis-sosatie word gemaak van groot porsies A-graad, perfek verouderde beesfilet, ideaal geryg saam met sagte borsstukvet skyfies (brisket vet) – die geheim agter die gourmet braai. Die Fillet Espetada is in twee gemaklike braai-opsies beskibaar – een wat die braaier persoonlik kan marineer en voorberei, asook ‘n gekruide opsie, met vars gemengde fynproewer Marokkaanse kruie en speserye. Die Espetada kan op die braai vergesel word deur Farmfed se gewilde Mild Curry Rump sosaties, wat ook beskikbaar is in ‘n ongemarineerde opsie. Hierdie sosaties is sagter as enige ander omdat dit van 21 dae verouderde A-graad kruissyf (rump) geselekteer en gesny word. Dieselfde borsstukvet (brisket vet) skyfieresep word gebruik om hierdie vars gemarineerde stukkies sappig op kliënte se borde te komplimenteer.
Twee van die bekendste gourmet produkte wat elke dag vars beskikbaar is, is die Beef Brisket Roll en die Deboned Lamb Roll. Hierdie klaar-voorbereide opsies is perfek om lank en stadig gaar te maak vir ‘n heerlike warm wintersete, en plaas ‘n hoë kwaliteit stempel op fynproewer maaltye. Die Beef Brisket Roll word uit A-graad, perfek verouderde borsstuk vanaf die rib gesny. Daarna word dit in groot stukke van 40 by 20 sentimeter gesny en spesiale snysels word aan die een sy van die snit gemaak. Dit laat die oppervlak waar geurige speserye en olyfolie gesmeer word optimaal funksioneer. In ‘n soortgelyke prosedure word die Deboned Lamb Roll van ontbeende lamskouer of lamsboud gesny en perfek gemarineer van binne met handgeselekteerde vars kruie, voordat dit opgerol en toegebind word.
Nog gourmet produkte waarmee Farmfed se prominente lamsvleis-afdeling spog, is die gemarineerde Riblets, Spiced Lamb Shoulder en bekende Rack of Lamb (Franse-styl). Die Meatmaster Skaapras se lamsvleis wat vir hierdie produkte geselekteer word, is bekend vir ‘n sagte geur. Die populêre marinering van Farmfed se gourmet-reeks lamsprodukte word bymekaargesit deur die kundige selektering van vars produkte en speserye en word vir die kliënt se gerief reeds in hierdie marinade ingelê en verpak.
Farmfed kliënte praat met lof van die sagste filet wat hul nog ooit geproe het – die gourmet Fillet-on-the-bone.
Hierdie A-graad, verouderde produk word spesiaal in 5cm snitte voorberei en het ‘n uitstekende smaak, wat uniek gemaak word deur die geur van die been wanneer dit gaargemaak word. Farmfed se varsvleisprodukte is beskikbaar by Oupa’s Biltong & Vleisdeli, Walter Sisulu Rylaaan 223, Potchefstroom (langs Bert’s Pub & Grill)

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button