CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Inbrekers skrik nie vir koue of reën

‘n Inwoner van Dassierand het Dinsdagoggend, 16 Junie in die ysige koue reënweer opgestaan om haar oggendkoffie te maak toe sy besef dat daar by haar huis ingebreek is.

‘n Inwoner van Dassierand het Dinsdagoggend, 16 Junie in die ysige koue reënweer opgestaan om haar oggendkoffie te maak toe sy besef dat daar by haar huis ingebreek is. Terwyl Chrisna Human gewag het dat die ketel kook, het sy haar skootrekenaar se sak in die sitkamer op ‘n stoel gesien en dadelik besef iets is fout.

Sy bêre altyd haar skootrekenaar in die kamer langs haar slaapkamer. Toe sy nader stap om ondersoek in te stel, was die rekenaarsak leeg. Haar rekenaar en hardeskyf was gesteel. So ook haar televisie.

Sy het deur die res van die huis beweeg en gesien dat die ander slaapkamers se kasdeure oopgestaan het. “Die inbrekers moes deur die huis beweeg het, want sakke wat in die kaste was, het op die vloer gelê en die afstandbeheer van die televisie het op die bed in een van die slaapkamers gelê,” vertel sy.

Chrisna vermoed dat die inbraak vroeg die oggend net na vyfuur plaasgevind het, omdat die alarm afgegaan het.

Die honde wat saam met met haar in haar hoofslaapkamer slaap, het nie geblaf nie. Sy het in die donker opgestaan en tot in die sitkamer geloop, maar het niks gesien of gehoor nie. “Ek het gedink dit was ‘n vals alarm en dat ‘n kat dalk weer die alarm geaktiveer het. Dit het gereeld in die verlede gebeur,” sê sy.

Nadat sy die alarm afgesit en met die inbeloperateur gepraat het, het sy weer gaan slaap.

“Net drie weke gelede is daar by my buurman, Wiehann Greyling, ingebreek. Dit voel vir my asof die inbrekers Dassierand teiken,” sê Chrisna.

Sy het ‘n polisieverklaring afgelê en ‘n saak van huisinbraak is geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button