Fynproewers droëprodukte by Oupa’s Biltong & Vleisdeli
Oupa’s Biltong maak reeds sedert 1991 geelvet biltong! Nie net kan fynproewer kliënte FARMFED MEAT se uitstekende kwaliteit varsverpakte vleis by hierdie deli aankoop nie, maar natuurlik ook Oupa’s se biltong en alombekende droëprodukte.

Oupa’s Biltong maak reeds sedert 1991 geelvet biltong! Nie net kan fynproewer kliënte FARMFED MEAT se uitstekende kwaliteit varsverpakte vleis by hierdie deli aankoop nie, maar natuurlik ook Oupa’s se biltong en alombekende droëprodukte. Geurige biltongwiele, sagte droëwors en pittige chilli bites staan uit op hierdie deli se spesiale droëproduk rakke.
Geen biltong is soos Oupa’s se biltong nie. Hierdie geelvet koning is die resultaat van top kwaliteit vars vleis wat slegs geselekteer word uit grasvoedende beeste. Net die beste C-graad snitte word gebruik en die tradisionele maar eenvoudige smaak lig die hoë kwaliteit van die vleis uit. Die baie spesifieke en tydsame uithardingsproses van Oupa’s se biltong waarborg hul perfekte smaak. ‘n Delikate en unieke inlê-metode asook die natuurlike droogproses, maak Oupa’s se biltong elke dag die kliënt se heel eerste keuse. Die kundige versameling van kruie, speserye en handgemengde vars produkte gee Oupa’s se biltong ‘n smaak bo alle ander.
Oupa’s spog met ‘n tuisgemaakte droëworsresep wat oor jare ontwikkel het tot die perfekte kombinasie van handgeselekteerde speserye en ander natuurlike produkte. Oupa’s se droëwors is uniek omdat dit sag binne en krakerig buite is – daarom ook bekend vir die verslawende smaak. Slegs die beste, vars C-graad beesvleis snysels word uitgesoek, verwerk en gemeng met die sagste borsstukvet stukkies om ‘n sappige geur aan hierdie droëwors te gee. Net ‘n 100% natuurlike skaapderm word gebruik om hierdie heilsame peuselhappie te komplementeer.
Vir elke brandtong in Potchefstroom is daar mond-water, vuurwarm chilli bites by Oupa’s Biltong en hierdie vars brandstukkies laat geen kliënt in die steek nie. ‘n Mengsel van die geurigste vars kruie word gebruik om hierdie enig in soort, sagte stukkies hul smaak te gee. Oupa’s se Chilli Bites is bekend vir hul sagte tekstuur en repies geel vet, wat met groot brandgeur (chilli) flokkies bedek word vir ‘n mondvol geur in elke pakkie. In drie verskillende top-verkoper geure beskikbaar, is daar geen droë vleisproduk smaak soos die gekruide biltongwiel nie! Die sagte skywe word gemaak van spesiaal geselekteerde vleissnitte en fyn vet stukkies van die hoogste kwaliteit. Hierdie lekker biltongwiele is beskikbaar in ‘n ongekruide opsie, ‘n branderige geur en ‘n Oupa’s Mix geur – ‘n geheime resep van Oupa homself!
Nog droëprodukte waarmee Oupa’s spog is hul Biltong Shavings en bekende Oupa’s Mix. Hul papierdun Biltong Shavings is deurtrek met sappige vetjies en in ‘n Oupa’s Mix sakkie is alles ‘n verrassing. Daar is geen resep soos ‘n Oupa’s resep nie en daarom word hierdie pakkie gemengde droëprodukte en stukkies vet met ‘n geheime resep speserye gestrooi, ‘n bederf in elke happie. Met top-kwaliteit unieke droëprodukte kan Oupa’s Biltong & Meat Deli geurige happies in elke sakkie wat by hierdie deli se deure uitgaan, waarborg!




