EntertainmentLocal newsRegional News

Lady Gaga betower Frankryk met ODN-Vere!

Lady Gaga se onlangse vertoning tydens die openingsseremonie van die Olimpiese Spele in Parys het die wêreld se aandag getrek met haar gebruik van volstruisvere uit Oudtshoorn.

Cape Karoo International se vere-afdeling het die afgelope naweek op die wêreldtoneel gestraal toe volstruisvere uit Oudtshoorn ‘n sleutelrol gespeel het in Lady Gaga se indrukwekkende vertoning tydens die openingseremonie van vanjaar se Olimpiese Spele in Parys, Frankryk.

Op Vrydag 26 Julie het Lady Gaga die verhoog betower met haar vertolking van die ikoniese Franse liedjie “Mon Truc En Plumes” (My Ding met Vere) deur Zizi Jeanmaire. Die uitvoering het langs die Seine-rivier plaasgevind, waar Lady Gaga in massiewe pienk verewaaiers afgedaald het. Die kostuums, wat deur Dior ontwerp is, het gebruik gemaak van “natuurlik verwerkte vere”, met die waarborg dat geen voëls benadeel is tydens die produksie nie.

Cape Karoo International is wêreldbekend vir die verskaffing van volstruispluime van die hoogste kwaliteit. Hulle vere verskyn dikwels in prestigieuse verhoogproduksies, internasionale feeste en in die modebedryf. Die maatskappy het al jare lank volstruisvere aan die Moulin Rouge in Parys verskaf vir hul pragtige verekostuums.

Pieter Liebenberg, die hoof van Cape Karoo International se vere-afdeling, het erken dat hulle bewus is van die groeiende vraag na volstruisvere en die samewerking met modehuise soos Chanel en Dior. Liebenberg het egter gesê dat hulle eers na Lady Gaga se vertoning agterkom het dat die swart en wit vere wat in haar kostuum gebruik is, van hulle afkomstig is. “Ons het eers ná haar optrede besef dat die vere van ons afkomstig is. Die modehuis moes egter die pienk vere self gekleur het, want ons het nie enige bestelling vir daardie spesifieke kleur vanuit Frankryk ontvang nie,” het Liebenberg verduidelik.

Liebenberg het ook genoem dat Cape Karoo International nie net vere aan modehuise verskaf nie, maar ook aan buitelandse klante wat hooftooisels en ander modebykomstighede benodig. “Vere is baie gewild in Frankryk en Italië, en slegs vere wat aan streng kwaliteitstandaarde voldoen, word uitgevoer,” het Liebenberg bygevoeg.

 

 

Related Articles

Back to top button