Local newsNewsNews

Aardklop vier Erfenisdag met 30% afslag op kaartjies

Momentum Aardklop bied ’n spesiale Erfenisdag-aanbod: Kry 30% afslag op geselekteerde produksies van 23–25 September.

Weens Suid-Afrika se komplekse geskiedenis kan die viering van Erfenisdag soms ongemaklik voel. Momentum Aardklop glo egter daar is min dinge wat mense só verbind soos die kunste, of dit nou toneel, musiek of visuele kuns is. Daarom vier hulle dié jaar Erfenisdag met iets besonders: ’n spesiale 30%-afslag op kaartjies vir geselekteerde produksies.

Die afslag is geldig van Dinsdag 23 September om 08:00 tot Donderdag 25 September om 20:00. Tydens dié tydperk word die afslag outomaties toegepas wanneer jy kaartjies op Webtickets koop,  al wat jy hoef te doen, is om jou kaartjies in die mandjie te laai en te betaal.

’n Wye verskeidenheid gewilde Aardklop-produksies vorm deel van die aanbod. Dit sluit in Athol Fugard se ikoniese drama Boesman en Lena (afslagprys: R154), Belofte van vere, ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach met musiek en poësie (afslagprys: R140), sowel as sy ontroerende swanesang Verwelkingslied met Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar (afslagprys: R154). Ook op die lys is Seun, gegrond op Dana Snyman se roman (afslagprys: R154), en Ingrid: ’n Vlam in die sneeu, ’n musiekteaterstuk oor Ingrid Jonker se liefdesbriewe en poësie (afslagprys: R140).

Daar is ook iets vir musiekliefhebbers. Twee klavierlegendes, Rocco de Villiers en Coenie de Villiers, span kragte saam in 88 (afslagprys: R168), terwyl Jannie du Toit in De wals van de liefde sy gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns vertolk (afslagprys: R105). Stinkhout, die bekroonde toneelstuk oor familie, pyn en versoening, is teen R154 beskikbaar, en Marianne Thamm bring weer vars satire na die verhoog met Reguit uit Pretoria – Die nuus vars gepers (afslagprys: R122,50). Vir jong talent bied die program Jong Oë, Waagmoedige Kuns! ’n vreugdevolle kreatiewe ruimte vir kinders van 6 tot 15 jaar teen slegs R35.

Die afslag geld slegs vir volle kaartjiepryse, terwyl Hartsvriende en sekere pensioentrekkers wat reeds minder betaal, nie in aanmerking kom nie. Meer besonderhede en die volledige feesprogram is beskikbaar op aardklop.co.za, waar die feesgids ook as PDF afgelaai kan word.

Moenie dié kans mis om Erfenisdag saam met die kunste te vier teen ’n afslagprys nie. Koop jou kaartjies aanlyn by Webtickets.co.za en wees deel van ’n ervaring wat mense oor grense heen verbind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button