EntertainmentLocal news

Dieremaniere en ‘n bietjie fantasie

Die Mooirivier Sanggroep, van sowat 30 lede, onder leiding van Jordi Mentz, het die dag spesiaal gemaak.

Soos altyd is die Dienssentrum in die kol met diens aan lede en ‘n voorbeeld van deernis vir almal in die Potchefstroom gemeenskap. Dinsdag, 5 September was dus geen uitsondering nie want, tesame met die personeel, wat in kleurvolle monderings hul kant gebring het om klublede en buitestaanders te vergas, het die Mooirivier Sanggroep, van sowat 30 lede, onder leiding van Jordi Mentz, die dag spesiaal gemaak met humor, vers,  sang en musiek uit die boonste rakke.  Gas deelnemers met talente in mimiek, toneelspel, vermaak en dans het die prentjie voltooi.

Die program het afgeskop met ‘n mengelmoes van diere geluide wat die openingslied vooraf gegaan het omdat almal wil deelneem aan a place in the choir,  waarna die diere die lente besing met ‘al die veld is vrolik.’ Die Old Times Medley vertel van die ou bokke wat hou van groen blare en die arme personeellid wat moet bontstaan vir die oue van dae wat óór-begeesterd is.  Al Debbo se Hasie moes vertel waarom sy stert so kort is. Nie net diere is ingesluit nie maar die perdeby en akkedissie is ook betrek.

Die plaasdiere volg met ‘n ge-moe -moe,  ge-mê – mê,  ge-kek-le-kê en ge-snork-snork en die onbesonge Donkie is as wonderlik besing en gebalk.  Daarrna spring die man op sy Kolperd en word die blink Vosperd ook waardeer in ou ryperd en tant Hessie se wit perd kom aangejaag.

Spesiale aandag word gegee aan ander diere wat nie net vel en been is maar almal wat ‘n jas dra.  Die haan op die kerktoring moet plek maak vir die ‘oenertjie wat se skewe litte regkom met sewe pitte kos en rondloop met ‘n bloomer aan tot vermaak van die ander hoenders.

Die plaasmense word ook besing met Oom Jakkals, die bruidegom, wat sy jonkmans lewe prysgee met ‘n paar doppe te veel en hom in die slootjie laat beland tot Tant Sophia se smart, maar almal kyk terug na die van Riebeeck tydperk met Batavia.

Die troeteldiere kom aan die woord met kry ook weer melding met die Brakke van Turffontein, onvermydelik gevolg deur die Katte Duet aangebied tot groot vermaak van almal, met sang, toneelspel en ge-miaau en ge-siss tot die aftog geblaas is met ‘n luidkeelse ge-miaaauu

Die hoogtepunt van die dag was die kordaat Dapper Muis van 4 jaar oud wat instap en alles oorneem, totdat hy moes toegee aan ‘n kat, ‘n valletjie en geplette en gekletter van kombuisware en moes hoor hy het ge-jok.

Wilde diere kom ook aan die woord met die Lion wat hopelik slaap in die aand . Die Yellow Bird hoog in die piesangboom wat die mannetjie laat swaarkry as die wyfie sommer wegvlieg. Die Berghaan wat ‘n Veer stuur om sy liefde oor te dra. Ook die Arend is nie net besing nie maar het waarlik ge-swewe met die oorspronklike danspassies.

Ten slotte herinner die fraaie Skoenlapper en die dieremaats almal om met hart en glimlag Jesus te dank dat Hy die mens geskep het om teenoor Hom dankbaar te wees veral dat Hy ons tot sy eer gemaak het. soos ons is.

‘n Kleine muis.
Toneelspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button