DA Petisie vir broodnodige riool-opgraderingswerk
DA petisie vir riool-opgraderings steeds oop vir stemme.
Die DA het einde-Januarie ‘n petisie geloots om opgraderings aan die riool-lyn tussen Chris Hani Pompstasie en die rioolwerke aan te vra.
Daar is al vir ‘n paar jaar lekkasies in die vleilande voor- en oorkant Chris Hani Pompstasie sowel as ander probleme by die rioolwerke self as gevolg van die verswakte infrastruktuur wat nie onderhou word nie.
Die petisie benodig ‘n totaal van 10 000 stemme. Wyksraadslid Heinricha Hodgson noem dat die petisie reeds 2818 stemme het.
Volg hierdie skakel om die petisie te teken om die vleilande te red en in ‘n skoner, gesonder omgewing te kan beweeg.
https://petitions.da.org.za/p/petition-to-jb-marks-local-municipality-to-conduct-major-upgrades-to-sewerage-pump-station-and-pipeline



