Local news

Anna Viljoen-paartjie vier 65 geseënde huweliksjare saam

'n Egpaar wat in Huis Anna Viljoen woonagtig is vier hul 65ste huweliksherdenking.

Peet en Elsie Buys het 25 Januarie hul 65ste huweliksherdenking by Huis Anna Viljoen saam met vriende en familie gevier.
“65 jaar gelede het Peet Buys en Elsie Loock hul lewenspad saam begin. Daar is ses dogters uit die huwelik gebore.
Die egpaar het ook 17 kleinkinders en 22 agterkleinkinders. “As gesin is daar ‘n diep dankbaarheid vir hierdie wonderlike mylpaal wat ons kan vier wat alleen ‘n groot genadegeskenk is. Al is albei verswak en tans in versorging, bid hulle steeds vir ons. Hulle jarelange voorbeeld van getroue huisgodsdiens, kerkbesoek, diensbaarheid en meelewing is gawes wat ons nou deur die lewe dra,” het Griet Swanepoel, een van die egpaar se dogters, oor haar ouers gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button