Eerstejaar aan NWU sterf onverwags
Die oorsaak van die student se afsterwe is steeds onbekend.
Johan van Niekerk wat vanjaar as ‘n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ingeskakel het, is Sondag, 11 Februarie dood.
Johan was nie in ‘n koshuis nie. Die presiese oorsaak van Johan se dood was teen Herald se ter perse gaan nie bekend nie. Johan het in 2023 aan die Hoërskool Wolmaransstad gematrikuleer.
Cariena Wassermann, hoof van die skool, sê dat Johan ‘n goeie kind was. “Hy was ‘n voorbeeldige, oulike kind en het met drie onderskeidings geslaag. Ons is baie geskok en hartseer,” sê Wassermann. Wouter Fourie, pastoor van die AGS Kerk in Wolmaransstad is verslae deur Johan se afsterwe.
Past. Fourie het die volgende boodskap op sy Facebookblad geplaas: “Ons kan jul net opdra aan ons Hemelse Vader en vra vir die vertroostende krag van die Heilige Gees!”



