Local news

Swaar vragmotors vererger slaggate in Nieuwestraat

Slaggate is vir 'n geruime tyd 'n wesenlike probleem in Nieuwestraat.

Slaggate is reeds ‘n geruime tyd besig om vir inwoners in Nieuwestraat ‘n groot kopseer te veroorsaak, veral op die hoek van Nieuwe- en Smitstrate en waar Nieuwe- en Maherrystraat in Miederpark kruis. By daardie areas is daar veral slaggate wat deur vragmotors veroorsaak word wat goedere aflewer.

Volgens inwoners in die area kan hulle gereeld swaarvoertuie hoor wat daardie straat in plaas van die N12 gebruik. Sodoende het die padinfrastruktuur intussen verswak wat groot slaggate in die pad veroorsaak wat hoofsaaklik verby talle residensiële huise gaan en oor twee wyke (wyk 5 en wyk 15) strek.

Hierdie slaggate is op die hoek van Nieuwe en Smitstrate te vinde. Een van die hoofoorsake is swaar vragmotors wat hierdie pad gebruik.

Nog ‘n dilemma is dat die pad soms te nou is vir vragmotors en ander verkeer om die pad gelyktydig te gebruik.

* Die Herald het die J.B. Marks munisipaliteit om kommentaar genader, maar teen druktyd nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button