Local news

Berts Bricks Atletiekklub hardloop vir viervoetige vriende

109 Deelnemers het aan 'n 4 of 8 km-wedloop deelgeneem met inskrywings wat kontant, honde en katkos of beddegoed ingesluit het.

Berts Bricks Atletiekklub het Dinsdag, 19 Maart ‘n pretdraf ten bate van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) aangebied om geld vir ‘n goeie doel in te samel.

Die fondse wat ingesamel is het direk vir PAWS gegaan om ‘n verskil in talle diere se lewens te maak. Drawwers het ook soos hul gunsteling diere aangetrek om spesiale pryse te wen – sodoende is die prettigheid verder vergroot.

Marietjie Lombard (in rooi en wit_ was in ‘n vrolike bui.
Tanja Kleyn en Sufran Smith. Kleyn het die prys vir die beste kostuum gewen.
109 deelnemers het aan die Berts Bricks Atletiekklub se PAWS Fun Run deelgeneem.
Annemie en Paul Badenhorst saam met Johnny Jansen van Rensburg.
Dalene Harmse, Alta van Eck, Tilla Dalhouzie en Alta Oosthuizen.

Volgens Dominique Saayman, ‘n lid van Berts Bricks Atletiekklub het die beplanning hiervoor het al vroeg Februarie afgeskop en was dit “merkwaardig om te sien hoe verskillende besighede bereid was om deel te wees van hierdie liefdadigheidswedloop.”

Alex Fourie was eerste in die 4km wedloop in 16:37 en Lourens Combrinck (42:40) eerste in die 8km wedloop.

Wehan van Rooyen en Francois Viviers van Nog ‘n Dag in Potch het vir die vermaak vir die dag gesorg.

Die items wat ingesamel is sluit in, sakke hondekos, katkos, komberse en kontant ter waarde van R2700 wat vir PAWS die volgende oggend geskenk is.

Saayman bedank al die borge wat tot die sukses van die pretloop bygedra het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button