Local news

Bekendes kom deel in die vreugde by Rooy Kosmark

Daar is nie in Maart ‘n markdatum nie, maar Potchefstromers kan weer uitsien na hul gunsteling markuitstappie Sondag, 28 April wanneer die Rooy Kosmark weer volstoom voortgaan.

Die Rooy Kosmark was weer op hul stukke verlede maand (25 Februarie) toe die bekende kabaretsanger, Elzabe Zietsman, kom inloer het en markgangers met haar talent kom bekoor het. Natuurlik was daar ook soos gewoonlik smullekker kos en drinkgoed om die dors te les, sowel as ‘n groot verskeidenheid items om inkopiemandjies propvol te laat.

Daar was iets lekker ook vir al die soettande.
Elzabe Zietsman tydens haar vertoning.
Markgangers besig om al die lekkernye te besigtig.
Beesstert was soos gewoonlik ‘n groot treffer.
Vir liefhebbers van vetplante, was daar ook ‘n keurige verskeidenheid.

Daar is nie in Maart ‘n markdatum nie, maar Potchefstromers kan weer uitsien na hul gunsteling markuitstappie Sondag, 28 April wanneer die Rooy Kosmark weer volstoom voortgaan.

Vir navrae of om stalletjies te bespreek, kontak Tania by 079 918 2092.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button