Local news
Laerskool Mooirivier se koor blink uit in Kaapstad
Tokkies het die Kaapstad stadsaal aan die brand geskitter.
Die Tokkie-Seniorkoor was verlede week vanaf 22 tot 27 Julie in Kaapstap om aan die ATKV-Applous finale deel te neem.
“Elke kindergesiggie het soos ware Tokkies geskitter en blinkoog by die verhoog op- en afgestap. Ons sertifikaat skitter óók met ‘n pragtige goud en ‘n persentasie van 87,7%,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Tokkies eindig vyfde in Suid-Afrika in die hoogste kategorie!
“Baie dankie aan elke onderwyser en ouer wat hierdie toer vir ons kinders moontlik gemaak het.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



