Laaste revue vir Baillies se hoof
“Baillies is BRAVO!“ was vanjaar die tema van Laerskool Baillie Park se revue.
“Baillies is BRAVO!“ was vanjaar die tema van Laerskool Baillie Park se revue.
Hierdie jaar se revue was vir Baillies se hoof, mnr. Piet Muller, ‘n bittersoet affêre. Hy en sy vrou, Lana (ook ’n onderwyseres by Baillies), lê aan die einde van die jaar die onderwystuig neer. Aanstaande jaar word hulle grootouers, en dis iets waarna hulle albei baie uitsien.
Meneer Piet het oudergewoonte self deelgeneem en twee liedjies gesing. Rouxan Cloete het ‘n spesiale lied vir Meneer Piet geskryf en self gesing.
Elke graad het ‘n afsonderlike subtema uitgebeeld. Die gehoor kon saam met die kinders op die verhoog die betowering van Bewondering, die Ritme van die Musiek, die opwinding van Avontuur, die grensloosheid van Verbeelding en die wonder van Oorgawe ervaar.