Local news

Hael en erge donderstorms vir vandag voorspel

Ry veilig en verminder spoed waaar nodig.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 4-waarskuwing vir erge donderstorms en hael vir die Noordwes uitgereik.

Swaar reën, donderstorms en hael word in Potchefstroom vir vandag 11 November voorspel.

“’n Sterk wind oor die westelike dele van die land sal die ontwikkeling van hewige donderstorms oor die sentrale dele van Noordwes, asook sentrale en oostelike dele van Vrystaat vandag dryf. Hierdie storms sal swaar reënbuie, skadelike winde, oormatige weerlig en hael op plekke tot gevolg hê,” het die weerdiens in ‘n verklaring gesê.

Moontlike gevolge:

Oorstroming van paaie, nedersettings en laagliggende gebiede, wat lei tot die sluiting van sommige brûe en paaie – Beserings en lewensgevaar – Skade of verlies van infrastruktuur, nedersettings (formeel en informeel), eiendom, voertuie, lewensmiddele en vee – Omval van bome en moontlike beserings as gevolg van vlieënde puin. – Ontwrigting van munisipale en ander noodsaaklike dienste. – Groot reisonderbrekings (insluitend roete obstruksies) en ongelukke.

Instruksies:

Ry veilig en verminder spoed waaar nodig. In die geval van sterk wind, bly weg van los puin. Moenie skuiling onder bome of hoë voorwerpe soek tydens storms nie. Hou die SAWD-webwerf dop vir enige opdaterings rakende vloedontwikkeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button