Maak ‘n wens vir Wish week of maak iemand se wens waar
Jy kan ook help om iemand se droom waar te maak.
Round Table Potchefstroom, ‘n niewinsgewende organisasie, versoek die gemeenskap se hulp om minder bevoorregtes se wense tydens Wish Week waar te maak.
Die manne van Round Table hou weer Desember hulle jaarlikse Wish Week en jy het kans tot die 8ste Desember om jou wens in te stuur. Jy kan ook ‘n wens namens iemand anders instuur.
Die gemeenskap kan ook donasies of skenkings maak om te help om ander se wense waar te maak. Enigiets van kos, klere, speelgoed of skool benodighede is welkom. Jean-Paul Olivier, ‘n lid van Round Table, sê hulle trek ‘n lys op met almal se wense en sal dan daarvolgens soveel wense as moontlik waarmaak.
Die span beoog om op die 16de Desember die wense uit te deel. Enigiemand wat ‘n behoefte het, kan ‘n wens na 081 503 2740 SMS/WhatsApp of ‘n epos na roundtable47potchefstroom@ gmail.com stuur.
Enigiemand wat ‘n donasie van enige soort wil maak, kan Round Table by 081 503 2740 kontak.
Round Table is ‘n groep jong mans tussen die ouderdom van 18 en 40 jaar oud, wat hulle vryetyd afstaan om die gemeenskap te help.
Round Table is in Maart 1927 deur Louis Marchesi begin met die doel dat dit geen spesifieke godsdienstige of politieke affiliasies het nie, maar met die ambisie om die wêreld te verbeter.
Die manne van die Round Table Potchefstroom: