Local news

Staan op teen bedrog vir Internasionale Bedrogbewustheidsweek

Om korrupsie of bedrog aan te meld, skakel die tolvrynommer 0800 701 701 of SMS 39772.

Sluit aan by die wêreldwye poging om die impak van bedrog te verminder.

Internasionale Bedrogbewustheidsweek vind vanaf 17 tot 23 November plaas. In hierdie tyd word sakeleiers en werknemers aangemoedig om proaktiewe stappe te neem om die impak van bedrog te verminder deur bewustheid en opvoeding teen bedrog te bevorder. Bedrogbewustheid is van kritieke belang in ‘n tyd wanneer organisasies regoor die wêreld ‘n geraamde 5 persent van hul jaarlikse inkomste aan bedrog verloor.

“Die Nasionale Anti-Korrupsie Blitslyn vir die Staatsdiens is ‘n regeringsinisiatief. Dit verseker dat alle gevalle van beweerde korrupsie sentraal aangemeld word en na die betrokke departemente/provinsiale administrasie hergerig word vir verdere aandag,” het die Suid-Afrikaanse regering in ‘n verklaring gesê.

Om korrupsie of bedrog aan te meld, skakel die tolvrynommer 0800 701 701 of SMS 39772.

5 Wenke om bedrog te verminder:

Wees proaktief.

Neem ‘n etiese kode vir bestuur en werknemers aan. Evalueer jou interne beheermaatreëls vir doeltreffendheid en identifiseer areas van die besigheid wat kwesbaar is vir bedrog.

Stel indiensnemingsprosedures vas.

Wanneer jy personeel aanstel, doen deeglike agtergrondondersoeke. Gaan opvoedkundige, krediet- en diensgeskiedenis (soos deur die wet toegelaat), sowel as verwysings na.

Lei werknemers op in bedrogvoorkoming.

Ken werkers die waarskuwingstekens van bedrog? Maak seker dat personeellede basiese kennis dra bedrogvoorkomingstegnieke.

Implementeer ‘n Bedrog-blitslyn.

Bedrog sal waarskynlik deur ‘n wenk opgespoor word. Die verskaffing van ‘n anonieme bedrog-blitslyn stelsel vir jou werknemers, kontrakteurs en kliënte sal help om meer bedrog te ontbloot.

Verhoog die persepsie van opsporing.

Kommunikeer gereeld met personeel oor beleide teen bedrog, maniere om vermoedens van wangedrag aan te meld en die potensiaal gevolge (insluitend vervolging) van bedrieglike gedrag.

Lees ook:

New scams doing rounds in Potchefstroom

Scamming of students becomes increasingly popular

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button