Local news

Eskom verleng grasietydperk van opdatering van koopkragmeters

Die nuwe sperdatum op koopkragmeters te opdateer is 13 Desember.

Eskom het Woensdag 27 November bekend gemaak dat die grasietydperk van opdatering van koopkragmeters na Desember verleng is.

Eskom het in ‘n verklaring oor die vordering van die opdatering van koopkragmeters gesê van die 7,25 miljoen, is net 5,5 miljoen meters suksesvol opgedateer en bly ongeveer 1,7 miljoen kliënte oor.

Dit het Eskom genoop om die spertyd vir nie-betalers tot 13 Desember te verleng.

Teen die oorspronklike sperdatum van 24 November het Eskom 5,5 miljoen kliënte op die nuwe KRN2-sisteem oorgeplaas. Dit sluit diegene in wat in meer as ses maande nie elektrisiteit gekoop het nie.

“In die afgelope 10 dae het ons nie-betalers gesien wat in groot getalle na vore kom wat elektrisiteit wil koop en die regte ding wil doen. Ons sal voortgaan om hierdie gebruikers met waardigheid en respek te behandel terwyl ons hierdie kwessies oplos vir almal van hulle wat die regte ding gedoen het,” het Monde Bala, Eskom se groephoof vir verspreiding in die verklaring gesê.

Nie-betalers het tot 13 Desember om op te tree om boetes of metervervangingskoste te vermy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button