Local news

Geliefde adjunkhoof van Gimmies tree af

Christine Pienaar het na 33 jaar by Gimmies afgetree.

Gimmies het onlangs na 33 jaar, een van hulle adjunkhoofde gegroet.

“Met trane in ons oë en ’n dankbare hart het Gimmies afskeid van juffrou Christine Pienaar geneem,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Volgens Pienaar sien sy daarna uit om meer tyd saam met haar man, Carlie, en haar kinders en kleinkinders te spandeer.

“Ek is baie lief vir die plaas en wil graag meer tyd daar spandeer, natuurlik ook om bietjie in hierdie pragtige land van ons rond te reis,” het sy gesê.

Alhoewel sy na sekere dinge uitsien, is daar tog dinge wat Pienaar na gaan verlang.

“Ek gaan my kollegas by die skool baie mis, ek is nie juis ‘n sosiale mens nie, maar ek hou baie daarvan om tussen my kollegas te wees, hulle het vir my baie vreugde verskaf. En dan die kinders in my klas, gaan ek ook baie mis. Die vreugde op ‘n kind se gesig as hulle sukkel en begin presteer binne hulle vermoë was vir my die wonderlikste van alles,” het ‘n emosionele Pienaar aan die Herald vertel.

“Vir 33 jaar was sy ’n kollega, vriendin, onderwyser en wonderlike adjunkhoof. Haar onderwysloopbaan getuig van toewyding en harde werk. Juffrou Christine het vir seker daarin geslaag om ’n mentor en rolmodel vir personeel en leerders te wees,” het die skool beaam.

Haar gunsteling herinneringe van Gimmies is die tye van die interhoër asook die Gimmie vs Volkie naweke.

“Om te sien hoe die kinders almal hulle beste gee sal my altyd by bly. Dit gaan nie vir my noodwendig oor wen nie,” het sy gesê.

“Ons is saam met haar opgewonde oor die nuwe fase wat aanbreek. Ons wens is dat die aftreetyd net vreugde, vrede en vervulling sal bring – juffrou verdien dit. Gimmies salueer Juffrou,” het die skool gesê.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button