Local news

Totsiens Maltabellapap

Was jy lief vir Maltabellapap?

Maltabellapap, die geliefde ontbytpap van Suid-Afrikaners en ‘n stapelvoedsel in baie huise, sal nie meer op die rakke beskikbaar wees nie.

Mense het hulle erge teleurstelling Woensdag op sosiale media uitgespreek nadat dit bekend geword het dat Bokomo (PepsiCo Suid-Afrika) van die ontbytpap ontslae gaan raak en dit nie meer beskikbaar sal wees nie.

“As deel van die deurlopende hersiening van ons produkportefeulje, en in ooreenstemming met ons visie om die voorste voedsel- en drankbesigheid in Suid-Afrika te wees, het ons die moeilike besluit geneem om Bokomo Maltabella te staak.  Ons weet dat handelsmerke soos Bokomo Maltabella huishoudelike name was wat baie Suid-Afrikaanse verbruikers na aan hul hart dra, so ons kan die teleurstelling verstaan ​​dat dit nie meer beskikbaar is nie,” het die maatskappy aan TimesLive gesê.

“Hulle vat ook alles weg wat lekker is,” het een verslae leser op sosiale media gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button