Local news

Dansers word Mooirivier Kersmark baksters vir dans drome

Hulle gaan ons land volgende jaar by die Internasionale Mediterranean Legends kunstefees en kompetisie verteenwoordig.

Vier jong dansers, almal lede van Potchefstroom Gimnasium se Dansakademie, is hard aan die bak om hulle dans-droom te bewaarheid.

Zanica Bechaz (kleindogter van Annatjie van der Ryst), Somé Cromhout, Nicolene Minnaar en Elizka de Bruyn het in September vanjaar by die Talent Africa se nasionale kompetisie in die finaal gekwalifiseer vir Span SA.

Hulle gaan ons land volgende jaar by die Internasionale Mediterranean Legends kunstefees en kompetisie verteenwoordig. Hierdie kompetisie word in Julie 2025 in Spanje aangebied.

“Ons is baie trots op ons dansers vir dit wat hulle bereik het en is opgewonde oor die geleentheid wat op hulle pad gekom het,” het Anchenique Papenfus, hulle afrigter, by navraag gesê.

“Dit kos egter ‘n reuse klomp geld om hulle daar te kry en dis waar die groot gebak in die prentjie kom. Een van ons fondsinsamelingsprojekte is ‘n stalletjie by die jaarlikse Mooirivier Kersmark waar ons ‘n heerlike verskeidenheid vars gebak soos beskuit, klein koekies en brownies gaan verkoop om fondse bymekaar te maak”.

VLU lid en Noordwes wenner Annatjie van der Ryst, waaroor die Herald verlede week berig het, is besig om die jong dansers te leer bak en haar ervaring met hulle te deel.

Die kunstefees en kompetisie word volgende jaar reeds vir die tiende keer aangebied en daar is ongeveer 450 deelnemers vanuit meer as 60 lande wat jaarliks aan hierdie kompetisie deelneem.

“Dit is wonderlik om Suid-Afrika en ook Potchefstroom op ‘n internasionale verhoog te gaan verteenwoordig. Ons gaan ‘n professionele dansoefenplan volg om net ons beste met trots daar te gaan lewer,” aldus Papenfus.

“Dit sal ‘n riem onder die hart wees as die gemeenskap van Potchefstroom ons hierin kan ondersteun.”

Die Mooirivier Kersmark vind plaas vanaf 28 November tot 7 Desember by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-oos in Paryslaan.

Vir enige navrae kontak gerus vir Anchenique Papenfus by 079 308 0101.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button