Local news

Reën, reën, reën

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees, hulle hoofligte aan te skakel, ‘n veilige afstand te handhaaf en nie oorstromende laagwaterbrûe te probeer oorsteek nie.

Potchefstroom het die naweek ‘n lekker nat naweek gehad, met soveel soos 65 -70mm wat in sekere areas gemeet is. ‘n Geel vlak 4 waarskuwing van erge donderstorms en reën is Saterdag, 4 Januarie vir die Noordwes uitgereik.

Verskeie paaie in en rondom Potchefstroom was Sondag laatmiddag oorstroom.

Reën word egter weer vir die hele week voorspel.

Maandag, 6 Januarie word 80% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 19°c en ‘n maksimum van 22°c.

Dinsdag, 7 Januarie word 80% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 17°c en ‘n maksimum van 22°c.

Woensdag, 8 Januarie word daar geeb kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 18°c en ‘n maksimum van 27°c.

Donderdag, 9 Januarie word 70% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 18°c en ‘n maksimum van 26°c.

Vrydag, 10 Januarie word 70% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 18°c en ‘n maksimum van 27°c.

Saterdag, 11 Januarie word 30% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 19°c en ‘n maksimum van 27°c.

Sondag, 12 Januarie word 20% kans vir reën voorspel met ‘n minimum temperatuur van 18°c en ‘n maksimum van 29°c.

Dit is egter nie net die Noordwes wat die laaste paar dae reën en donderstorms beleef nie. Groot dele van die land het oor die naweek en sal vir die komende week steeds reën en donderbuie ontvang.

‘n Tornado het Welkom Sondag 5 Januarie getref. Verskeie wonings en besighede is beskadig, onder andere die brandweerstasie.

KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne is op hulle pos en gereed vir die verwagte 150mm reën wat vir Maandag 6 Januarie vir die provinsie voorspel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button