Nomineer die beste besighede in Potch
Besighede kan spog met hulle wen besighede en inwoners weet dan watter besighede besoek kan word om die sake met die beste in Potchefstroom te doen.
Dit is weer tyd die beste besighede in Potch te nomineer vir die Herald se Best of kompetisie.
Die nominasies vir watter besighede vir inwoners die beste diens gegee het, het vandag oop gemaak. Maak seker jy nomineer die beste besighede in Potchefstroom. Sake leiers word ook aangemoedig om hulle kliente in kennis te stel dat die nominasies oop is, sodat soveel as moontlik inwoners hulle nominasies vir beste besighede gee.
Die Herald se kompetisie is so goed ontvang deur besigheids-eienaars en inwoners dat ons besluit het om dit vir 2025 weer aan te bied. Besighede kan spog met hulle wen besighede en inwoners weet dan watter besighede besoek kan word om die sake met die beste in Potchefstroom te doen. Inwoners het tyd tot en met 20 Januarie om die besighede in die verskillende kategoriee te nomineer
Klik die skakel om die beste besighede in Potchefstroom te nomineer:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/best-of-potchefstroom-nominations-2025/



