Steeds geen beurtkrag tot Maart voorspel
'n Beurtkrag-vrye somer wink steeds vir Suid-Afrikaners.
Soos wat die een jaar mylpaal vir geen beurtkrag nader kom, voorspel Eksom steeds geen beurtkrag tot en met einde Maart nie.
Alhoewel daar weens verskeie ander redes steeds kragonderbrekings in sommige dorpe voorgekom het, is beurtkrag verlede jaar op 26 Maart opgeskort en is nog nie weer ingestel nie.
Die herstelplan het operasionele prestasie aansienlik verbeter, veral deur onbeplande onderbrekings met 8.1% te verminder in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.
Boonop was daar ‘n jaar-tot-jaar dieselbesparing van R16,20 miljard, wat sowat 65,1% minder is as die R24,89 miljard wat in dieselfde tydperk verlede jaar bestee is. Dieselverbruik bly onder die jaar-tot-datum begroting.
Eskom het in Augustus die moontlikheid van ‘n beurtkrag-vrye somer van 1 September 2024 tot 31 Maart 2025 voorspel.



