Meer as 100 nominasies vir top besighede in Potch al gemaak
Moenie die geleentheid laat verby gaan om voortreflike besighede in Potchefstroom vir die besonderse toekennings in aanmerking te bring nie.
Daar is tot op datum (8 Januarie) reeds 107 nominasies in die Herald se jaarlikse Best of Potchefstroom kompetisie gemaak.
In dié kompetisie kry inwoners die geleentheid om hulle gunsteling besighede in Potchefstroom vir die toekenning te nomineer, waarna inwoners die kans kry om vir wie hulle dink moet wen, te stem.
Verlede jaar se kompetisie het so goed verloop dat die Herald weer die kompetisie aanbied. Inwoners kry die kans om die besighede wat aan hulle goeie diens lewer te beloon, terwyl ander inwoners bewus gemaak word van besighede wat besonderse diens lewer.
Daar is verskeie kategorieë waarin besighede genomineer kan word. Moenie die geleentheid laat verby gaan om voortreflike besighede in Potchefstroom vir die besonderse toekennings in aanmerking te bring nie.
Inwoners het tyd tot 20 Januarie om hulle nominasies te maak.
Klik op die skakel om ‘n besigheid te nomineer.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/best-of-potchefstroom-nominations-2025/



