Local news
Harte stukkend oor vermiste hond
Die gesin bied ‘n beloning aan vir die een wat haar kan opspoor.
Dusty, die Wire Haired Terrier, het gister 8 Januarie omstreeks 16:00 naby Vencedor Trailers, op die Vereeniging-pad naby Atlantic Oil weggeraak.
Dusty het tans babas wat vir haar by die huis wag.
Haar gunsteling mens, Henco, se hart is stukkend.
Joanita Walstrand sê sy en haar gesin het gaan kamp, maar alles net so gelos om na hulle geliefde hond te kom soek.
“Sy is ‘n kind in ons huis. Ons harte is regtig stukkend.”
Die gesin bied ‘n beloning aan vir die een wat haar kan opspoor.
Indien jy weet waar Dusty haarself bevind, kan jy vir Joanita by 0823020412 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



