Die Kersvader-projek wat deur Attie Kleinsmit in 2016 begin is, was Desember 2024 weereens ‘n reuse sukses.
Lindie Kleinsmit, Attie se dogter, sê hulle het ten einde ‘n aansienlike aantal donasies gekry.
“Kersvader was weereens ‘n groot sukses, maar dit is te danke aan almal wat ons ondersteun het.”
Lindie vertel elke bietjie help en dit was wonderlik om nog ‘n jaar glimlaggies op kindergesiggies te kan sit.
“Daarby wil ons uit ons harte vir elke besigheid en persoon wat bydraes gemaak het baie dankie sê. Elke borg het vir ons so baie beteken.
Die span beplan en begin alreeds aand Kersfees 2025 se projek werk. Indien enigiemand wil betrokke raak of net ‘n donasie wil maak, kan jy vir Lindie by 076 620 9010 skakel.



