Local news

Duurder brandstof wag dalk vir Februarie

Pryse sal teen die einde van die maand bekend gemaak word.

Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui aan dat petrol en diesel moontlik in Februarie gaan styg.

Die prys van 93-oktaan petrol sal moontlik styg met 81 sent per liter, terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 75 sent per liter kan toeneem.

Diesel 0.05% se prys sal moontlik styg met 90 sent per liter en 0.005% diesel met 88 sent per liter.

Paraffien kan 73 sent per liter meer kos.

Die amptelike pryse sal aan die einde van die maand aangekondig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button