
‘n Boom het op 18 Januarie in Borchardstraat omgeval. Vir Potchefstroom is bome baie belangrik en deel van die dorp se erfenis.
Dit is altyd hartseer wanneer een van die beskermde bome omval, maar soms vat die natuur oor en kan daar niks aan die situasie gedoen word nie.
Inwoners van Potchefstroom het hulle hartseer op sosiale media uitgespreek.
“Een van die mooiste bome in die dorp. Het baie tyd onder hom deurgebring,” het een inwoner gesê.
“Baie hartseer. Ek hoop daar kan weer ‘n boom geplant word. Ons plant te min om die ou bome betyds te vervang,” het ‘n ander gesê.
Demilko Street Café het ‘n video van waar die boom val op sosiale media gedeel.
Kyk na die video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.