Local news

Hombré huiskomitee red vrou uit die see

Die adrenalien was hoog en niemand anders het ingegaan nie."

‘n Groep mansstudente aan die NWU het tot ‘n 52-jarige vrou se redding gekom nadat sy deur ‘n stroom in die see naby Mosselbaai meegesleur is. Volgens die Nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het omstanders verlede Donderdagmiddag, omstreeks 16:30 alarm gemaak nadat hulle gesien wat gebeur het. Die NSRI en ander nooddienste is ontbied om hulp te verleen. Die groep studente wat almal inwoners van Hombré manskoshuis is, het die vrou te hulp gesnel. Die studente is almal deel van die koshuis se huiskomitee (HK) en was tentyde van die voorval op hulle jaarlikse HK vakansie.
“Een van die studente, Jaco du Plessis (20) het in die water gespring, na die vrou toe geswem terwyl sy vriende ‘n waaksame oog op hulle gehou het. Jaco het die vrou bereik waarna hy haar bygestaan het en na die kuslyn gelei het,” het die NSRI gesê.
Teen die tyd het NSRI reddingsswemmers op die toneel opgedaag waarna hulle die groep studente gehelp het om die vrou aan land te kry.
Die vrou is deur paramedici behandel waarna sy hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling. “NSRI prys die barmhartige samaritaan Jaco du Plessis vir sy pogings wat daartoe bygedra het om die lewe van die vrou te red – en sy vriende wat gehelp het,” het die NSRI op sy webtuiste gesê.

Volgens Jaco du Plessis, was niemand anders daar om die vrou te help nie.

“Die adrenalien was hoog en niemand anders het ingegaan nie. Ek het maar net meer gedoen as gedink, ons het ‘n ‘buoy’ gesoek,” het hy gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button