Local news

Jong Potch-ma kort dringend operasie

Die mamma van twee klein dogtertjies vertel haar skildklier het nou al so gegroei dat dit in haar sleutelbeen begin ingroei het.

‘n Ma se grootste vrees is wanneer hulle die dag nie meer daar kan wees vir hulle kinders nie. Dit is een jong Potchefstroom-mamma se wens om ‘n operasie te ondergaan wat sal verseker dat sy hier gaan wees om haar kinders te sien grootword.

Magda Hughes (25), wat by ‘n kettingwinkel in die dorp werk, vertel haar vorige baas vir wie sy in Christiana gewerk het, het eendag ‘n opmerking gemaak en gesê dit lyk of Magda ‘n knop in haar keel het.

“Ek het in 2020 ‘n dokter gaan sien en die dokter het my skildklier getoets. Alle toetse het normaal teruggekom. Die enigste probleem is, my skildklier het aanhou groei.”

Die mamma van twee klein dogtertjies vertel haar skildklier het nou al so gegroei dat dit in haar sleutelbeen begin ingroei het en haar lugpyp heeltemal eenkant toe druk.

“Dit druk my keel toe wanneer ek slaap. Ek word baie wakker in die aande, dan kan ek nie asem haal nie. Ons moes een oggend 4 uur hospitaal toe jaag omdat ek nie kon asem kry nie. Ek het al ‘n vrees vir eet en slaap ontwikkel.”

Sy het na Potchefstroom hospitaal gegaan waar hulle na ‘n CT-skandering en ‘n biopsie besluit het om die skildklier heeltemal te verwyder, maar nadat Magda opgeneem is vir die operasie, het die hospitaal die operasie kanselleer.

“Hulle kon weens die gebrek aan toerusting en omdat die narkotiseur nie geskik was om met die grootte van my skildklier te werk nie, nie die operasie uitvoer nie. Hulle het my huis toe gestuur en beloof om my na ‘n hospitaal te verwys wat die operasie kan doen. Dit is nou al nege maande later en daar het nog niks daarvan gekom nie. Intussen het my lewenskwaliteit aansienlik vererger. Ek sukkel om te slaap aangesien die knop in my nek op my lugweg druk. Ek verstik baie maklik. Dit voel ook baie dikwels of iets in my keel vassit, selfs sonder om iets te eet.”

Magda het intussen by Mediclinic ‘n kwotasie gekry en die hospitaal is gereed om die operasie te doen. Al wat vir Magda terughou, is die kostes. Magda benodig R75 000 om vir die operasie te kan betaal.

“Ek is so bang om nie môre daar te kan wees vir my kinders nie.”

Indien jy ‘n donasie wil maak om vir Magda te help om die operasie te kry, kan jy by https://www.backabuddy.co.za/campaign/magda-surgery skenk.

Die knop in Magda se keel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button