Local news

Noordwes polisie waarsku oor verdrinkings in provinsie

Drie verdrinkingsvoorvalle is oor die langnaweek in dié provinsie aangemeld.

Die polisie in Noordwes waarsku die gemeenskap om uiters versigtig te wees rondom waterliggame of swembaddens en naby damme en riviere, nadat drie verdrinkingsvoorvalle oor die langnaweek in dié provinsie aangemeld is.

Kaptain Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, sê in Lomanyaneng is polisieduikers op 21 Maart na ‘n steengroef by Majemantsho-dorpie buite Mahikeng ontbied.

“Twee seuns, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud, het na bewering verdrink terwyl hulle geswem het. Die polisie se duikers het die twee liggame na ‘n soektog gevind.”

Manyoba gaan voort om te sê in Orkney, buite Klerksdorp, het polisieduikers gereageer op ‘n klag van moontlike verdrinking in die aand, ook op 21 Maart, by Vaalrivier.

“Volgens gerugte het ’n 45-jarige man sy vriend ingelig dat hy in die rivier gaan was. Die vriend het hom later gaan soek, maar net sy klere gevind. Soektogte wat op 22 en 23 Maart deur die duikers gedoen is, het geen positiewe resultate opgelewer nie.”

In Hartbeesfontein naby Klerksdorp is ‘n ma op 22 Maart omstreeks 13:30 ingelig dat haar sesjarige seuntjie verdrink het terwyl hy geswem het.

“Volgens inligting het familielede en bure na die seun gesoek, maar sonder sukses. Die voorval is later by die plaaseienaar aangemeld en hy het die polisie in kennis gestel,” bevestig Manyoba.

‘n Soektog was sonder sukses uitgevoer. ’n Opvolgsoektog is 23 Maart gedoen, en die duikers het die seun se lyk omstreeks 08:20 gekry.

Die volgende veiligheidswenke kan help ten tyde van nood:

  • Wees waaksaam wanneer jy ‘n rivier, stroompie of dam wil oorsteek of daarin wil swem. Kontroleer die sterkte van die stroom voordat jy die water binnegaan.
  • As jy in ‘n vinnige vloeiende rivier vasgevang word, beweeg voete eerste, dit sal die kop en liggaam van ernstige beserings beskerm. Wanneer jy in die water val, nie kan staan nie en nie vinnig die kant bereik nie, moet jy: Kalm bly, probeer om nie water te sluk nie, jou kop bo die water hou deur te skop asof jy fietsry, en terselfdertyd met jou hande te roei.
  • Om in oop water te swem is baie moeiliker as om in die stil water van ‘n swembad te swem. Dit beteken jy kan vinniger moeg word en dit kan baie vinnig tot moeilikheid lei.
  • Wees waaksaam wanneer jy in riviere of mere swem, die troebel water kan dit moeilik maak om mense te vind.
  • Oppas wanneer jy swem in ‘n plek met ‘n sterk stroom, soos waar twee riviere ontmoet, want jy kan maklik meegesleur te word.
  • Dra altyd ‘n gepaste reddingsbaadjie vir ingeval jy onverwags in die water val. Dit geld ook vir kinders.
  • Maak seker jy kyk na die weertoestande, en sorg altyd dat jy ‘n selfoon byderhand het.
  • Praat met jou kinders oor die gevare van oop water en vertel hulle wat om te doen in geval van ‘n noodgeval.
  • Ontspanningsbootvaarders moet verseker dat almal op die boot ‘n reddingsbaadjie dra, teen ‘n veilige spoed ry en streng hou by navigasiereëls.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button