Local news

Potchefstroom Agente pronk op internasionale verhoog

Die jaarlikse toekennings word in Hamburg, Duitsland, gehou.

Engel & Völkers Potchefstroom is trots om die uitmuntende prestasies van twee van hulle top-agente, Juan Badenhorst en Ouida Pieterse, te vier wat onder die beste adviseurs in die EMEA-streek erken is by die gesogte Engel & Völkers Top Advisor Awards 2025 wat vroeër in Maart plaasgevind het.

Die jaarlikse toekennings, wat in Hamburg, Duitsland, gehou is, het die suksesvolste Engel & Völkers-adviseurs van regoor Europa, die Midde-Ooste en Afrika bymekaargebring. Hierdie eksklusiewe geleentheid het toppresteerders in verskeie kategorieë vereer en besondere toewyding, kundigheid en resultate in die eiendomsbedryf beklemtoon.

Juan se lewe het in 1994 op die oulike dorpie Oudtshoorn begin, maar dit was nie lank voor sy gesin ‘n reis na die uitgestrekte Karoo onderneem het nie.  In 1997 het hulle hulself op ‘n skaapplaas gevestig, waar Juan sy vormingsjare tussen die pragtige dorpies van Hopetown, Prieska en Douglas deurgebring het.  Die oop vlaktes en golwende heuwels het sy speelplek geword, wat sy avontuurlustige geaardheid gevorm het.

Laerskool in Prieska het vir Juan ‘n groot liefde vir die eenvoud van die plattelandse lewe gebring. Juan het sy hoërskooljare op Hopetown deurgebring waar hy vir Annique Fourie ontmoet het, die meisie wat eendag sy vrou sou word.

In 2013, het Juan die Karoo verlaat om aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom te studeer. Hy het in die velde van MBW en Sielkunde gedelf en sy graad aangevul met N-sertifikate in elektriese ingenieurswese. Hierdie mengsel van vakgebiede het nie net sy kennis verbreed nie, maar ook sy analitiese vaardighede geslyp.

Nadat hy sy studies in 2017 voltooi het, het Juan tyd in Kathu spandeer om sy vaardighede as elektrisiën by die Sivos-opleidingsentrum te verbeter.

In 2018 het Juan na Potchefstroom teruggekeer en in September ’n nuwe hoofstuk as agent by Engel & Völkers begin. Hierdie stap dui op ‘n verskuiwing van die tegniese wêreld van elektriese ingenieurswese na die dinamiese wêreld van eiendom.

Met dieselfde toewyding en passie wat sy reis tot dusver bepaal het, het Juan vinnig sy voete gevind. Juan is in 2021 & 2022 nommer 8 in die wêreld, 2022 nommer 2 in Suid Afrika, 2023 nommer 1 in Suid Afrika en 2024 nommer 5 in die wêreld vir unit sales aangewys.

In sy vrye tyd kan jy Juan maklik vind met ‘n braai tang in die hand. Hy is mal oor sy sport, of hy nou self speel of net kyk. En om tyd saam met sy vrou en dogter deur te bring is altyd die bonus waarna hy elke dag uitsien.

Ouida is in Gauteng gebore. Na haar studies het sy getrou en ‘n werks geleentheid in Botswana, Gaborone, in die drukwerk en konstruskie bedryf aanvaar, waar sy gebly het vir 25 jaar lank. Gedurende Covid (2020) moes sy weens persoonlike redes terug trek na Suid-Afrik toe en het in Potchefstroom geland.

Op 1 Augustus 2020, lekker nat agter die ore in die bedryf en met geen eiendoms ondervinding nie, het Ouida die geleentheid as ‘n eiendomsagent by Engel & Volkers Potchefstroom aangepak. Na al die opleiding en eksamens het sy besef dat dit nie ‘n maklike bedryf is nie maar was reg vir die uitdaging.

“To say the least…. “I love what I do!” Ouida se doel is om net haar beste self te wees en te geniet wat sy doen. Sy poog om haar posisie op die internasionale verhoog te verbeter en daaraan te werk om meer gesinne te help om hul perfekte plek te vind.

In haar vrye tyd geniet Ouida dit om tyd saam met haar dogters deur te bring en hulle te help om hul drome te bereik. Sy is ook ‘n troeteldierliefhebber met 3 baie liefdevol waaiende sterte by die huis om haar op haar tone te hou.

Juan het begin 2023 ook ‘n mede direkteur het by die Potchefstroom kantoor saam Carl Venter geword.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button