Local news

‘n Viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar

Die feesvierings het reeds op 8 Mei 2024 afgeskop en sal landwyd in Meimaand vanjaar tot ‘n einde kom.

“Afrikaans 100: Woord in Beeld” is ‘n kunsuitstalling wat Afrikaans se 100ste verjaarsdag as amptelike taal vier. Dié uitstalling het 10 April by die Snowflake Venue geopen. Met dié uitstalling beeld kunstenaars van Potchefstroom en Klerksdorp hul gunsteling Afrikaanse woorde, spreekwoorde en idiome visueel uit.

Prof Hein Viljoen, buitengewone professor in Afrikaans by die NWU, het in sy openingsrede sommige werke uitgelig en meer oor die woorde en idiome se betekenis verduidelik. Die publiek word genooi om die uitstalling te besoek en die visuele uitbeelding van “Jou voet in ‘n visblik”, “Die wa deur die drif trek”, “Die aap uit die mou laat”, en “Die kat uit die boom kyk” te waardeer.

C.J Langenhoven se spreekwoord: “Die waarde van die koelte is in die son rondom hom”, het ook ‘n plekkie teen die muur. Die woord “negosie” kry ook nuwe betekenis in die kunstenaar Willemé Wolhuter se installasiekunswerk en Louisemarie Combrink spot heerlik met Asemiese skrif in Afrikaans.

Die Potchefstroom Kunsvereniging het dié uitstalling op die been gebring op uitnodiging van die “Afrikaans 100” se oorsigkomitee om Afrikaans se eeufees as amptelike taal landwyd te vier.

Die feesvierings het reeds op 8 Mei 2024 afgeskop en sal landwyd in Meimaand vanjaar tot ‘n einde kom. Enige instansie of organisasie wat hieraan wil deelneem, het verskoning om tot dan partytjie te hou en staan boonop ‘n kans om ‘n prys te wen.

Die kunsuitstalling, “Afrikaans 100: Woord in Beeld”, eindig 12 Mei. Gallery-ure by Snowflake Venue is van Maandag tot Saterdag van 9:00 – 19:00. Vir meer besonderhede rondom Afrikaans 100 se feesvierings, besoek die webwerf https://afrikaans100.org/

Negosie – “Oupa se negosie” is die titel van hierdie installasiekunswerk van Willemé Wolhuter.
Louisemarie Combrink se voorstelling van Asemiese skrif in Afrikaans.
Jou voet in ‘n visblik – Jean Lampen se uitbeelding van die
spreekwoord “Jou voet in ‘n visblik.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button