Local news

Debat woed oor padveiligheid in Potch

Hoeveel Potchefstromers volg nog die verkeersreëls?

‘n Ongeluk tussen ‘n motor en ‘n motorfiets wat Maandag by die kruising van Meyer -en Steve Bikostraat plaasgevind het, het ‘n debat ontketen.

Hoeveel Potchefstromers volg nog die verkeersreëls? Wie se skuld is die ongeluk nou eintlik?

In ‘n video wat deur Mooirivier Beskerming opgelaai is, kan gesien word hoe ‘n motorfietsryer oor ‘n oranje verkeerslig ry en ‘n motor voor hom indraai.

Kommentaar op die video het Potchefstromers verdeeld oor wie se skuld die ongeluk is.

Craig Viljoen het op Facebook gesê dit is albei die drywers se skuld.

“Meneer motorfiets jy was absoluut nie van plan om stadiger te ry vir die verkeerslig wat verander nie. Meneer Polo, jy het versuim om waar te neem en jy het gedink dat die motorfiets vir die verkeerslig gaan stop.”

Ander voel weer die motorfiets het ry voorrang gehad.

“Kar het betyds sy flikker aangesit, maar kon nie waarneem nie. Die motor was veronderstel om toe te gee vir aankomende verkeer voordat hy die draai maak,” het Justin Dezo Brown gesê.

Kevin Smith sê, “Niemand stop mos meer nie. Die kar, motorfiets en bakkie, almal lekker oor rooilig.”

“K53 reël, oranje beteken stop,” sê Taolelo Bellafonte.

Skermgreep uit video.
Skermgreep uit video.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button