‘n 22-jarige student aan die NWU het gistermiddag in ‘n botsing tussen Val en Balfour gesterf.
Leandri Viviers was ‘n honneursstudent in aktuariële wetenskappe en inwoner van Wanda dameskoshuis. Die Kampus studente-raad (KSR) van die Potchefstroomkampus, het in ‘n brief Viviers se dood betreur.
“Hierdie tragiese verlies het ons hele kampusgemeenskap geskud, en ons betuig ons diepste meegevoel aan Leandri se familie, vriende en geliefdes en hoop dat hulle vertroosting sal vind gedurende hierdie moeilike tye,” lees die brief.
Hoërskool Ermelo waar sy matrikuleer het, en ‘n Dux -leerling was, het ook hulle medelye aan Viviers se geliefdes gegee.
“Ons bid vir haar gesin krag toe vir die moeilike pad wat voorlê. Mag God julle vertroos en ondersteun,” het die skool gesê.
“Leandri het ’n spesiale plek in ons skoolgemeenskap gehad – altyd met ’n vriendelike glimlag, ’n warm gees en ’n hart vir mense. Haar nalatenskap leef voort in die herinneringe wat sy by haar maats, onderwysers en almal wat haar geken het, agterlaat,” het Laerskool Pionier or die voormalige leerder gesê.
Volgens die KSR was Leandri ‘n ‘n integrale deel van die Potch-kampusgemeenskap.
“Haar teenwoordigheid sal in ons almal se lewens baie gemis word,” het die KSR gesê.



