Potchefstroom Rugbyklub lok publiek weer terug na klubrugby
Die doel is om die gemeenskap weer opgewonde te kry oor klubrugby.
Laerskool Mooirivier en Potchefstroom Rugbyklub het het begin met ʼn proses om die laerskoolseuns en die publiek weer terug te lok na klubrugby.
Mooirivier se 0/9a en 0/9b spanne het gister, 30 Mei teen Laerskool Kathu by Mooirivier rugby gespeel. Die Potch dorp spelers en bestuur het die seuns by Mooirivier gaan ondersteun.
Mnr. Jackie Golden, die jare lange rugby organiseerder van Mooirivier rugby, sê dit het baie beteken vir die seuns.
Die 0/9 mannetjies gaan vanmiddag, 31 Mei saam met die senior spelers uit die kleedkamer in hul skool se rugby klere, op die veld uitdraf.
“Ons hoop die is die eerste stap van ʼn mooi pad saam met ons dorp se rugbyklub, met sy ryk geskiedenis en welslae wat hul al bereik is.”





