Gimmies het die afgelope naweek, in die soveelste weg wedstryd vir Jeugland met 13-39 geklop.
Dit het hulle plek bo aan die Noordvaal bowl-afdeling verseker. Met vier wedstryde oor voor die uitkloprondtes lyk dit of Gimmies goed op dreef is om vanjaar hulle titel te verdedig.
Volgens Regardt Kleingeld, direkteur van rugby by Gimmies, is hy trots op die hoe dié groep seuns se veggees.
“Dit is nou die vierde week in ‘n ry wat hulle op verdediging hulle staal wys. Dit is taai in Kempton, dit is nie aldag wat jy met bonuspunt wen daar wegstap nie. Ek moet krediet gee aan die groep seuns, die eerste en die tweede-span manne, vir al die harde werk en vasbyt,” het hy gesê.
Daar is nog een rondte van wedstryde oor voor die skoolvakansie. Gimmies verwelkom Merensky wat goeie momentum in die wedstryd inbring nadat hulle vir Volkies die afgelope naweek geklop het.
“Ek het van die begin af gesê, die Noordvaal kompetisie is belangrik en die ouens bring hulle kant,” het Kleingeld verduidelik.
Gimmies se volgende uitdaging is ‘n tuiswedstryd teen Merensky op 7 Junie.



