Abraham Kriel Kinderhuis hou opedag
Dit is die eerste keer sedert die kinderhuis se bestaan, wat hulle 'n opedag gehou het.
Abraham Kriel Kinderhuis het op 30 Mei hul heel eerste opedag gehou. Alle belangstellendes kon die kans gebruik om ‘n toer van die perseel te kry en te sien hoe die kinderhuis dag tot dag funksioneer.
“Ons het die afgelope Vrydag die voorreg gehad om vir die eerste keer sedert die bestaan van Abraham Kriel Kinderhuis ‘n Opedag te hou, waar lede van die gemeenskap die kinderhuis kon besoek om ‘n kykie agter die skerms te kry van hoe ons te werk gaan om na ons 230 kwesbare kinders om te sien,” vertel Ronelle Burger van Abraham Kriel Kinderhuis.
“Dankie aan elkeen wat hierdie geleentheid bygewoon het, dit beteken vir ons baie dat julle tyd geneem het om ‘n goeie doel te ondersteun! Ons wil ook graag dankie sê vir elke besigheid, instansie, individu en vrywilliger wat reeds betrokke is by die kinderhuis. Julle maak daagliks ‘n verskil,” het Ronelle gesê.
Abraham Kriel Kinderhuis is opgewonde om nuwe verhoudinge te bou met besighede en individue wat graag wil betrokke raak.
Vir enige inligting, kontak vir Carol of Ronelle by: Kontaknommer: 018 294 5347 E-pos: maatskaplik2@akpotch.co.za of kantoor@akpotch.co.za.









