Potchefstroom het sy eerste brand vir 2025 beleef toe die veld op 16 Junie vlam gevat het na ‘n skietoefening op die weermagondersteuningsbasis in Potchefstroom se terrein.
Kobus Roux van Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging sê gelukkig was die wind nie te sterk nie en kon hulle die brand op die R53 na Ventersdorp onder bedwang bring.
“Dit het op hulle oefenterrein plaasgevind, maar hulle voorbrande was nog nie gereed nie.”
Kobus verduidelik die brandverbod nog nie vir die jaar ingestel is nie en, as als goed gaan, sal dit op 30 Julie ingestel word.
“Huidiglik kan voorbrande nog voortgaan. Ons werk elke dag die brandgevaarindeks uit en sou daar wind opkom wat te sterk is, sal ons met die voorbrande stop. Mense moet ook onthou dat voorbrande nie sonder ‘n permit gedoen mag word nie.”
Kobus verduidelik dat wanneer ‘n voorbrand gedoen moet word, hyself of die brandweer uitgaan om gereedskap na te gaan.
Volgengs Kobus hou die brandseisoen aan tot en met die eerste reën van die somerseisoen, gewoonlik so om en by 31 Oktober.
Die Herald het die SANDF sonder sukses vir kommentaar probeer kontak.



