Local newsNewsNews
Geen onraad vermoed in student se dood
Die NWU-gemeenskap is in rou nadat ’n student in ’n stoorkamer op die kampus gevind is. Die polisie ondersoek die saak, maar vermoed geen kriminele oorsaak nie.
Die NWU-student wat Woensdag 16 Julie dood in ‘n stoorkamer op kampus gevind is, se naam is bekend.
Jonathan Gouws (21) het BA in regte studeer. Hy is Woensdag deur die koshuisvader van Ratau Lebone en ‘n student in die koshuis se stoorkamer gevind. Jonathan was ‘n huiskomiteelid.
Luitenant Kolonel Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die polisie vermoed geen onraad nie en ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Louis Jacobs, NWU se woordvoerder, het Donderdag gesê dit is vir die Universiteit altyd bitter sleg wanneer hulle ‘n student verloor, ongeag wat die omstandighede is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



