Local news

Potchefstromers herdenk musieklegende

Sy was vroeër ook ‘n musiekonderwyser by Hoër Volkskool en was betrokke by die musieksentrum van Central Primary.

Martha Magdalena (Babs) Brouwer, ‘n jarelange geliefde inwoner van Potchefstroom is op 27 Julie op die ouderdom van 87 oorlede.

Babs was alom bekend as afrigter van die Potchefstroom Mannekoor. Sy het die koor vir 40 jaar gedien en het talle mannekoorliedere-verwerkings gedoen, saamtrekke gereël en die koor groot hoogtes laat bereik.

Sy was vroeër ook ‘n musiekonderwyser by Hoër Volkskool en was betrokke by die musieksentrum van Central Primary.

Sanette Kruger, Babs se dogter, vertel Babs was vir jare ‘n orrelis in verskeie gemeentes.

“Sy het talle boeke uitgegee met orrelverwerkings, waarvan een in Braille, wat landswyd gebruik word. Sy het diep spore getrap in die musiekwêreld en gemeenskap waar sy harte aangeraak het met haar besonderse talent en sonnige geaardheid. Haar nagedagtenis sal voortleef en sy sal onthou word vir die besondere mens wie sy was.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button