Local news

Bult se gat – steeds ‘n probleem 8 jaar later

Die probleem in Esselenstraat op die Bult is al vir 8 jaar lank 'n probleem vir motoriste en besighede in die gebied.

Reuse slaggate in Esselenstraat op die Bult, is vir agt jaar reeds ‘n probleem. Alhoewel menige besighede en raadslede al die probleem probeer oplos het, spruit die gate uit ‘n munisipale waterlek wat verhoed dat permanente herstelwerk kan geskied.

In 2017 het Vincent Clarke, destydse raadslid van die Vryheidsfront Plus, bevestig dat miljoene rande bestee is om die pad oor te teer nadat daar ‘n elektriese substasie gebou is, maar weens ‘n waterlek en massas water wat in die pad opdam, verbrokkel die pad. Die saak is al oor die jare verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld.

Motoriste is onlangs weer gewaarsku om versigtig in Esselenstraat te ry of die area te vermy. Die gate is tans met rooi grond toegegooi, wat ‘n tydelike oplossing is.

Leandro de Beer, bestuurder van die Cachet Park Verbeteringsdistrik, sê dit is onmoontlik om die slaggate permanent reg te maak as die probleem deur die waterlek veroorsaak word.

“Die CID (stadsverbeteringsdistrik) mag nie aan die infrastruktuur van die munisipaliteit werk nie. Ons herstel dit sover as wat ons kan, maar as die waterlek nie reggemaak word nie, gaan die probleem nie opgelos word nie. Ons het dit al menigmaal gerapporteer.”

Zander Janse van Rensurg, DA-raadslid, het teen Woensdagoggend gesê dat hy nie kan bevestig of die munisipaliteit al die lek herstel het nie. Die rooi grond wat oor die pad gegooi is, is ‘n indikasie dat daar wel aan die probleem gewerk is.

“Ons sal moet dophou en kyk of die probleem nou opgelos is en dan kan ‘n mens werk daarvan maak om die slaggate te herstel.”

Hy gaan ook voort om te sê die probleem kom oor verskeie jare en daar is onsekerheid oor of dit ‘n rioollek of ‘n waterlek is.

“Ons het dit oor die jare gereeld rapporteer. Ons het dit nou anders benader en dit by rampbestuur en gemeenskapsveiligheid aangemeld aangesien dit regtig ‘n onveilige situasie is.”

Vincent Clarke in een van die gate in 2017.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button