Bakkie in Loopstraat gesteel
Enige iemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek kan die takbevelvoerder van die voertuigmisdaadondersoekeenheid skakel.
‘n Toyota Bakkie met registrasienommer LBW 187 NW en ‘n Van Rooyen Legacy stiker op die agterkant, is op 14 Augustus in Loopstraat gesteel terwyl die eienaar in ‘n restaurant was.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van diefstal van ‘n motorvoertuig word ondersoek nadat ‘n grys Toyota bakkie gesteel is.
“Die 32-jarige eienaar het na bewering die bakkie in Loopstraat omstreeks 19:00 parkeer en met sy uitkoms by ‘n naby geleë restaurant om 20:10, was die bakkie gesteel. Die bakkie is nog soek.”
Enige iemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek kan die takbevelvoerder van die voertuigmisdaadondersoekeenheid, Luitenant Kolonel Hennie Bezuidenhout op 072 605 7926 kontak.



