Local news

Verlore hondjie met eienaar herenig

"Toe ek Sondagoggend die deur oopmaak om hulle te laat inkom was Jassie nie daar nie."

Juster, of te wel Jassie, ‘n Jack Russell-kruising, het sy eienaars baie bekommerd gehad toe hy op 24 Augustus net weggeraak het. Jassie is nie net ‘n gewone hondjie nie, hy is al 17 jaar oud, doof, en blind.

Marileth Naudé, Jassie se eienaar, vertel Juster het sy naam by haar seun gekry.

“My seuntjie was een jaar oud toe ons vir Jassie gekry het. Hy het hom net so genoem (Juster) en dit was sy naam. Met tyd het die naam verander na Jassie.”

Sy vertel ook hulle het geen idee hoe die hondjie uitgekom het nie.

“Ons honde slaap altyd op die stoep in ‘n warm hokkie. Toe ek Sondagoggend die deur oopmaak om hulle te laat inkom was Jassie nie daar nie.”

Marileth het dadelik op WhatsApp en Facebookgroepe gevra of enigiemand vir Jassie gesien het.

“Ek het geweet hy sal net hier in ons omgewing wees, want ons het altyd met die honde hier na die plotte se kant toe gaan stap. Ons het Sondag meer as vyf keer op en af gery, maar kon hom nie sien nie. Natuurlik kan hy ons ook nie hoor roep nie.”

Maandagoggend het ‘n man met die naam George vir Marileth gebel en gesê hy het ‘n hondjie by hom en hy vermoed dit is hulle s’n.

“Ek het dadelik gery en George het vir my gewys waar Jassie in die veld was. Ek het so begin huil van blydskap dat hy nog leef. Ek weet Jassie is baie oud, maar ek is baie lief vir hom en wil glad nie hê dat Jassie moes honger of dors wees nie.”

Vandag lê Jassie weer op die stoep in die sonnetjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button