Local news

Seun kry prostetiese arm na krokodil aanval

Johandré het nie dat die voorval hom onder kry nie en het deur alles heeltyd positief gebly.

Johandré Blom (7) het uit eindelik op 17 September ‘n prostetiese arm ontvang nadat sy arm in Maart deur ‘n krokodil afgebyt is.

Johandré het saam met ‘n maat in vlak water by Emanzini, naby Brits gespeel toe die voorval plaasgevind het. Hy was saam met sy ouers, Corné en Amanda, by ‘n visvangoord.

Johandré se maat het hom van die krokodil probeer wegtrek, waarna Corné ingespring het om te help. Die krokodil het met Johandré en Corné in die rondte gedraai en toe hulle kon loskom, was Johandré se arm weg.

Hy is daarna in ‘n privaat hospitaal se pedriatiese intensiewesorgeenheid opgeneem en was vir ‘n tyd lank in ‘n geïnduseerde koma gewees.

Johandré het sedertdien verskeie operasies en veloorplantings ondergaan. Verskeie sterre en bekendes het uit hulle pad gegaan om fondse vir Johandré in te samel. Bekende sanger, Riaan Benade, het tot vir Johandré ‘n liedjie geskryf.

Die traumatiese voorval het egter nie die seun onder gekry nie. Sy sprankelende persoonlikheid en positiwiteit is wat die gesin deur die moeilike tyd gedra het.

Johandré is op 26 Mei, na net nege weke weer terug skool toe. Hy moes ook weer leer om te swem, wat ‘n uitdaging was.

Teen 20 Augustus was al Johandré se wonde mooi genees en kon hy gaan vir mates vir ‘n prostetiese arm.

Hy het minder as ‘n maand later sy prostetiese arms gekry.

“Na n bitter lang en hartseer pad deel ons vandag n bittersoet oomblik. Johandré het by AJ du Preez Orthotist Prosthetist met ‘n glimlag in gestap om sy prostese te gaan haal en hy was bitterlik baie opgewonde. Na alles wat Johandré deur is het hy positief gebly en om vandag hierdie oomblik met hom te deel sal vir altyd by ons bly. Hy het vandag die vrugte van daardie positieweit gepluk,” het die Blom gesin op Johandré se Facebook-blad gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button