Sekuriteitsbeampte word dogtertjie se held
'n Sekuriteitsbeampte het uit sy pad uit gegaan om 'n dogtertjie se tas terug te kry nadat dit uit die gesin se voertuig gesteel is.
Shauné Meijers, ‘n inwoner van Potchefstroom, se dogtertjie is in haar noppies nadat, Klaas Meyer, ‘n sekuriteitsbeampte, haar skooltas aan haar terugbesorg het.
Daar is onlangs by die gesin se voertuig ingebreek en die dogtertjie se skooltas is in die proses gesteel.
“Nog ander goed is ook uit die bakkie gesteel. Mooirivier Beskerming het uit hulle eie uit, uit hulle pad gegaan om ons goed terug te kry. Dit was nie nood nie, maar hulle het werklik moeite gedoen,” vertel Meijers.
Ander mense het ook vir Klaas vir sy harde werk op sosiale media geprys.
“Hierdie ouens reageer baie vinnig in elke situasie,” het Kabelo Tlholwe gesê.
Annemarie Botha vertel Klaas ken sy werk goed by Mooirivier
“Hy is tops en het my ook al baie gehelp. Nee kyk, Klaas staan vas op sy werk as dit by diens kom. Hou so aan Klaas.”



