Local news

Artistiese gimnaste wys talent by provinsiale kampioenskappe

Hierdie suksesse wys dat die toekoms van ons klub baie belowend is.

Die nuutgestigte Potchefstroom Gymnastics Academy het ’n trotse mylpaal bereik toe sy artistiese gimnaste onlangs hul Noordweskleure by die provinsiale kampioenskappe ontvang het.

Daarby het die klub se Vlak 4 en hoër gimnaste, Zia Kruger (Vlak 4), Ameriah Potgieter (Vlak 4) en Anje Fourie (Vlak 6), ook gekwalifiseer om die provinsie by die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe in Oktober te verteenwoordig.

’n Spesiale vermelding gaan aan Tylor Greyling (Vlak 1) wat die groot eer ontvang het om gekies te word vir die gesogte Best of the Best nasionale kompetisie vir seuns gimnaste.

“Ons is ongelooflik trots op ons gimnaste se harde werk en deursettingsvermoë. Hierdie suksesse wys dat die toekoms van ons klub baie belowend is,” het Jan-Paul Thiart, direkteur en afrigter van die klub, gesê.

Van Regs: Tylor Greyling, Dian Beneke, Levi Myburgh, Luke Erasmus.
Van regs: Anje Fourie (vlak 6), Zia Kruger (vlak 4), Ameriah Potgieter (vlak4).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button